Vir Pieter het ek glad nie geken nie maar ek het ’n behoefte gehad om saam met die man te kook. Hy vra toe vir Breyani. My senuwees was bietjie op, maar dit was alles verniet. Hy het hom opgehang aan die kos.
Hoender-breyani
Course: Hoender, Hoofgereg30
minutes40
minutesBestanddele
- Rys
500 ml basmatirys
3 kaneelstokkies
3 naeltjies
2 kardamompeule, gekneus
5 ml borrie
- Hoender
1 kg hoenderfilette, in porsies gesny
125 ml ongegeurde jogurt
½ blikkie tamaties
1 blikkie tamatiepasta
15 ml fyn vars knoffel
15 ml fyn vars gemmer
30 ml breyani masala
10 ml rissiepoeier
30 ml fyn komyn
30 ml fyn koljander
5 ml borrie
5 ml garam masala
- Addisioneel
1 ui, in ringe gesny om saam met hoender te braai
olie
2 steranyse
2 rissies, in die lengte deurgesny
2 lourierblare
1 blikkie lensies, gedreineer
2 geskilde aartappels in kwarte gesny en halfgaar gekook
500 ml hoenderaftreksel
2 uie, in ringetjies gesny en gebraai tot goudbruin en bros
3 eiers, hardgekook
vars koljander
Metode
- Rys
- Kook alles saam tot die rys net sag is.
- Dreineer en hou eenkant.
- Hoender
- Meng al die bestanddele en marineer die hoender oornag, of vir ten minste 1 uur.
- Om alles bymekaar te sit
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Braai een ui in die olie.
- Voeg die steranyse, halwe rissies en lourierblare by en braai effens.
- Voeg die hoender met die marinade by en braai liggies vir 5 minute.
- Gooi die blikkie lensies en aartappels by die hoender.
- Gooi die rys oor die hoender.
- Gooi die hoenderaftreksel by en sit in die oond vir 40 minute.
- Rond af met die bros uie, gekookte eiers en vars koljander.
Marinda jou positiewe geaardheid en jou sin vir humor is soos ‘n tonikum vir my.Dit lig my swaar gemoed wanneer die Swart hond van depressive vir my gluur. Dankie vir Mense soos jy. Mal oor jou RESEPTE.
Ronel, van alle boodskappe wat ek nog gekry het , waardeer ek joune die meeste. Ek ken van die sak-oor-die-kop dae.
Mooi loop en wees sag met jouself.
Liefde
Marinda
Marinda jy so pragtige vrou en maak sulke lekker kos
As ek aftrek Kaap toe kom ek definitief by jou n draaitji maak mis geen program
Groete
Annie Delport
Annie dankie vir jou mooi woorde. Waar kom jy in die Kaap woon?
Dit was nou konings kos. Ek sal graag wil weet die grootte van jou wit cast iron pot waarin jy die breyani gemaak het. Ek wil ook so een koop. Mooi bly….
More, ek weet regtig nie. Via het die pot vir my geleen vir die dag.. So jammer.