In ons huis eet ons tamatiekos agter die lekkerte aan en nie net as dit koud is nie. Daar is iets koesterends omtrent tamatiekos. Dis asof jy baie kan vergewe as jy n lekker bord tamatiekos geeet het – selfs die skoonfamilie.
Die resep is genoeg dat 6 mense ruim kan eet. Miskien bly daar n lekseltjie oor vir more.
Tamatiekos – so van my ma af
Course: Rooivleis, Uncategorized30
minutes40
minutesBestanddele
2kg beesvleis – ek hou van voorkwartvleis, brisket is wat ek gebruik het. Jy kan skaapvleis ook gebruik – dit moet n vetjie he.
2 uie fyn gesny
15 ml olie om die uie in te braai
1 blikkie tamatiesmoor
1 blikkie tamatiepuree
60 ml asyn
80 ml suiker
60 ml worcestersous
6 naeltjies
5 ml fyn gemmer ( as jy nie het nie, los dit uit)
sout en peper na smaak
250ml water
6 aartappels
Metode
- Braai jou uie tot glaserig in ‘n pot bo-op die stoof.
- Sny jou vleis in kleiner stukkies en braai saam met die uie effens bruin.
- In ‘n bakkie meng al die res van die bestandele behalwe die aartappels, gooi dit oor die vleis in die pot. Laat dit saggies prut vir 45 minute.
- Skil jou aartappels en sny in kwarte, na 45 minute wat jou pot geprut het , kan jy die aartappels in die pot sit.
- Kook nou tot die aartappels en vleis lekker sag is- omtrent 30 minute. (jy moet maar proe). Geniet jou tamatiekos met spierwit rys en groente van jou keuse. Jy sal welbehaaglik voel daarna.
Te lekker. Ek hou ook altyd van ‘n bietjie Worcester sous by .
Sussie, dis mos hoe ons groot geword het. x
Trudie, jy laat my smile! Mooi aand. Marinda
Heerlik!!!! Dankie!
Elsabe, ek is so bly as dit lekker is. Mooi naweek vir jou. Groete Marinda
dit lyk na n heerlike besigheid gaan dit verseker probeer
Laat weet hoe dit gesmaak het.
Marinda, goeie middag uit n lekker warm sonskyn dag in Upington.
Ek wil jou iets vra. Kook die aartappels sag as daar klaar tamatie en pasta ens in die vleis is???
As ek kerrie braai en dan vleis insit met aartappels later dan sukkel ek om die aartappels sag te kry?? Is dit.maar die aartappels se skuld??
Hi Kobie, ja die aartappels kook sag. Ek sny die aartappels in helftes of kwarte hang af hoe groot die aartappels is.
Moet vir jou se ek het ook al glaserige aartappels gehad wat vrek moeilik sag kook. Die aartappels in die bredie trek lekker die sous in.
Mooi dag
Marinda
Hi Marinda Het jou Tamatiekos resep probeer gebruik 😜 Hopelik sal ons tussen al die loadshedding binnekort lekker en sagte aartappels ook kan eet !
Tamatiekos kort ‘n aartappel. Geniet!
Hi.Miranda ..ek het dit gekook..mmm lyk heeling…sal hoor wat my family daarvan se
Laat weet of hulle dit geniet het. Dit bly een van my gunstelinge.
Ek gaan vanaand vir ons die heerlike resep maak, en ek gaan dit ook maak vir die “seasonal workers” in saai tyd. Laat die Ausies bietjie hierdie heerlike SA kos proe. Groete van uit Wes Australia x
Jy laat my hart sing. Ek hoop dit was lekker.
12/10 vir die resep! Heerlik, baie dankie vir die lekker tamatiekos resep. Ek het vandag beproef en kan nie ophou proe nie, hoop daar gaan genoeg wees vir die res 😃😃
Geniet!!!!!!!
Ag nee man Marinda, is dit nou nodig om my nog hongerder te maak? 🤣
Lyk vrek lekker 😋
Nou lag ek lelik. Geniet.
Hi Marinda, Kan ek stewing beef ook gebruik of moet dit brisket wees Rede hoekom ek vra ek koop sommer by my Local OK of Checkers
Nadia jy kan enige snit en enige vleis gebruik. geniet!
Dankie vir die deel van jou lekkerresepte
Net liefde uit my hart.
My brisket was nog taai Na 45 minute. Moes nog 30 minute kook voor Ek aartappels bygevoeg het. Maar smaak baie lekker.
So bly. Tyd met vleis is moeilik omdat die sagtheid verskil van die ouderdom van die dier.