Tamatiesambal

Tamatiesambal

Bestanddele

  • 2 medium-groot tamaties, in klein blokkies gesny
  • ½ komkommer, in die lengte gehalveer, sade uitgeskraap en in klein blokkies gesny
  • 1 klein ui, in klein blokkies gesny
  • ‘n handvol pietersielie, fyn gekap
  • asyn, sout, witpeper en suiker na smaak
  • opsioneel: gekapte vars brandrissie en koljanderblare na smaak

Metode

Meng al die bestanddele in ‘n mengbak, bedek en plaas in die yskas vir ten minste ‘n uur voor opdiening.

Lewer 300 – 600 ml sambal.

Maklik!