Bykosse

Klapperrys

Comments are Disabled

Klapperrys

Bestanddele

  • 1.2 liter koue water
  • 375 ml jasmynrys
  • 45 ml klapperolie
  • 1 x 400 ml blik klappermelk
  • sout na smaak
  • 30 – 45 ml (na jou smaak) geroosterde heel komynsade
  • handvol geroosterde klapperskaafsels

Metode

Gooi die water en rys in ‘n pot, bring tot kookpunt en laat die rys op hoog kook, sonder ‘n deksel, vir so 6 – 8 minute, net totdat dit sag begin word.

Dreineer die water en plaas die rys terug in die pot. Roer die klapperolie, klappermelk, komynsade en sout na smaak by die rys, en bring weer tot kookpunt. Draai die plaat tot op die laagste, sit die deksel op en laat
die rys stoom totdat dit gaar is en al die vloeistof geabsorbeer het.

Verwyder van die hitte en bedien met die klapper skaafsels as garnering.

Lewer 4 ruim porsies.

Maklik!

Comments are closed.