THAISE SLAAISOUS
Bestanddele
80 ml sonneblom- of grondboontjieolie
45 ml gesoute grondboontjies
30 ml sojasous
15 ml vissous (Nam Pla)
15 ml grofgekapte gemmer
10 ml grofgekapte knoffel
10 ml redelik fyngekapte sitroengras (lemon grass) – opsioneel
30 ml water
30 ml bruin suiker
20 ml Thai asyn
5 – 10 ml grofgekapte brandrissie
5 ml geroosterde sesamolie
10 ml gerasperde lemmetjieskil
15 ml fyngekapte koljanderblare
Metode
- Sit alles behalwe die lemmetjieskil en koljanderblare in ‘n voedselverwerker of gebruik ‘n staaf-verwerker en verwerk tot fyn.
- Sit nog water by as die sous te dik is.
- Roer die lemmetjieskil en koljanderblare by en hou in die yskas tot gebruik.
Lewer sowat 250 ml slaaisous