Bestanddele
- 500 ml koekmeel
- 5 g kitsgis (1/2 pakkie)
- 5 ml suiker
- 2,5 ml sout
- 1 eier
- 250 ml lou melk
Metode
- sit die koekmeel, gis, suiker en sout in ‘n mengbak en roer deur met ‘n vurk
- breek die eier in die middel en werk dit deur met jou hande
- voeg nou stadig die lou melk by en begin knie. Indien dit te veel aan jou hande vassit, voeg nog meel by
- maak dit toe met ‘n afdroogdoek en laat dit rys tot dubbel die oorspronklike grootte
- spuit ‘n broodpannetjie. Knie die deeg af en sit dit in die broodpannetjie. Maak dit weer toe en laat dit rys tot dit ‘n hoe broodjie vorm.
- bak vir 30 minute by 180C