Bestanddele
- 250 ml vars room
- 2 jumbo eiergele
- 5 – 15 ml fyngerasperde knoffel
- 65 ml grofgekapte pietersielie
- 45 ml vars suurlemoensap
- 30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
- 250 ml fyngerasperde Parmesankaas
- 300 g hoenderworsies (chippolatas)
- 15 ml olyfolie
- 30 ml botter
- 500 ml gaar, gedreineerde penne pasta (klaar gesout en gepeper na smaak)
Metode
In ‘n bak, klits die room, eiergele, knoffel, pietersielie, suurlemoensap en -skil en kaas. Maak toe en bere vir later.
Sny die worsies in die lengte net-net deur die vel.
Verwyder die velletjies versigtig sodat jy nog steeds worsies het, maar net kaal.
Braai die worsies in die botter en olie in ‘n pan tot bruin.
Skep uit en sny die worsies in dun diagonale skyfies.
Sit die worsies terug in die pan saam met die pasta.
Herverhit die pan met worsies en pasta en voeg dan die roommengsel by. Roer stadig en versigtig oor lae hitte totdat die room kokend warm is en die eiergele die room verdik het.
Verwyder die pan van die hitte en skep dadelik op.
Bedien 4 met suurlemoenskyfies en ‘n basielie- en roketslaai.
Maklik!