Seekos

Viskoekies

9 comments

Vandag is die dag vir viskoekies.  Glad nie moeilik om te maak nie en altyd ‘n wenner.

BESTANDELE

500 g gaar vis

300 g gaar aartappels

1 koppie (250ml) fyn gesnipperde pietersielie

1 ui gerasper

2 eiers

sout

peper

30 ml suurlemoensap

gekoopte broodkrummels om dit in te rol

1 bottel olie om dit in te braai.

METODE

1.  Kook die vis in water wat dit net bedek vir 20 minute.  Die vis vlok maklik as jy met ‘n vurk op dit druk.

2.  Skil die aartappels en sny dit in kwarte.  Kook dit in water tot sag. As n vurk maklik in dit gaan is dit sag. Druk dit fyn met ‘n vurk of aartappel “masher”.  Mash dit.

3.  Snipper pietersielie fyn.  Sit dit in ‘n beker en knip met ‘n sker in die beker.  Dit sny lekker fyn.

4.  Skil die ui en rasper fyn met jou rasper of kap dit fyn in jou voedselverwerker.

5.  Klits die eiers met ‘n vurk tot lekker gemeng.  Klits sommer in’n beker.

6.  Plaas die vis, fyn aartappels, pietersielie, ui, sout , peper , uie en suurlemoensap in’n bak.  Meng alles lekker met jou hande. Maak koekies so groot soos golfballe en druk bietjie plat.

7.  Rol die viskoekies in die broodkrummels.  Plaas op n bord en laat dit rus vir 1 uur in die yskas.

8.  Sit die olie in ‘n diep pan en laat dit warm word.  Braai die viskoekies mooi bruin in die olie.

 

Geniet dit.

Rasper uie fyn en sit saam met geurmiddels by vis.
Rasper uie fyn en sit saam met geurmiddels by vis.
Sit fyngekapte pietersielie by vis.
Sit fyngekapte pietersielie by vis.
Vorm viskoekies.  Rol in krummels en laat rus 1 uur in yskas.
Vorm viskoekies. Rol in krummels en laat rus 1 uur in yskas.

 

 

 

9 Comments

  1. Maygene de Wee

    Hi Marinda, kan mens die viskoekies vries?

  2. jip.

  3. Hi Marinda

    Wil net sê die koolbredie is ‘n treffer, ek het dit verlede week gemaak en ai, dit was super lekker!

    Dankie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*