Bykosse

Witbottersous

0 comments

Witbottersous

Bestandele

  • 125 ml droë witwyn
  • 45 ml baie fyngekapte ui
  • 65 ml suurlemoensap
  • 30 ml room
  • 90 ml baie koue botter, in 2 cm blokke gesny
  • sout en witpeper na smaak
  • Metode

Verhit die wyn, ui en suurlemoensap in ‘n kastrol. Laat dit vinnig kook sonder ‘n deksel totdat daar so 65 ml vloeistof oor is. Roer die room by. As dit weer begin kook, sit een blok botter in en klits vinnig met ‘n ballonklitser tot die botter geheel en al geabsorbeer is in die vloeistof. Voeg nog ‘n blok botter by en klits weer. Hou so aan tot al die botter bygevoeg en geabsorbeer is. As jy te veel botter op ‘n slag ingooi, gaan die mengsel skif, so wees geduldig.

Geur die sous met sout en peper en bedien dadelik.

Lewer 4 porsies saam met gekrummelde visfilette.

Maklik!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*