Bykosse

Suurlemoenrisotto

0 comments

Suurlemoenrisotto met Haidee Muller

Bestandele

  • 2 liter hoender- of groente-aftreksel
  • 90 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 125 ml fyngekapte ui
  • 500 ml Arborio- of Risotto-rys
  • 90 ml droë witwyn
  • 250 ml gerasperde Parmesaankaas
  • 65 ml fyngekapte pietersielie
  • 45 ml vars suurlemoensap
  • 30 ml fyngerasperde suurlemoenskil

Metode

Verhit die aftreksel tot kookpunt. Verlaag die hitte en hou warm.

In ‘n groot pot, smelt helfte van die botter met die olie en braai die ui tot sag en glaserig.

Voeg die rys by die ui en roer vir ‘n minuut of tot glansend. Gooi die wyn by en roer tot dit geabsorbeer is.

Gooi nou 375 ml (omtrent twee soplepels) van die aftreksel by die rys en laat dit prut terwyl jy aanhoudend roer, totdat die rys die meeste van die vog geabsorbeer het. Herhaal dit met 125 ml van die aftreksel op ‘n slag terwyl jy aanhou roer, tot die rys die vloeistof geabsorbeer het. Hou aan met die proses (vir vomtrent ‘n halfuur) tot die rys sag is maar nog so effe van ‘n ‘byt’ in die middel van die korrel het. As dit nie loperig genoeg is nie, voeg water by en roer deeglik om die mengsel romerig te maak.

Roer nou die res van die botter, kaas, pietersielie, suurlemoensap en skil by. Geur na smaak en bedien dadelik.

Lewer 4 – 6 porsies afhangend van of dit die hoofgereg of ‘n bykos is.

Werd om te weet: ‘n Regte, egte, Risotto moet effens loperig wees – amper souserig – en moet hom soos pap gedra.  As jy dit in ‘n papbord skep en die bord van kant tot kant skud, moet die rys plat raak, soos pap. Dit moenie op ‘n hopie bly nie.

Maklik!

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*