Wortelsambal

Wortelsambal

Bestanddele

  • 4 medium-groot wortels, geskil en gerasper
  • 80 g ontpitte dadels (of bosbessies), grofgekap
  • 1 groot groen brandrissie, pitte verwyder (as jy wil) en fyngekap
  • sap van 1 lemmetjie
  • gerasperde skil van 2 lemmetjies
  • sout en witpeper na smaak
  • 65 ml dik klapperroom

Metode

Meng al die bestanddele in ‘n mengbak, bedek en plaas in die yskas vir ten minste ‘n uur voor opdiening.

Lewer so 600 – 800 ml sambal

Maklik!