Kyk so kruip Banting mos in ons almal se lewe. Veral so voor die somer wat ons probeer om die gewiggies af te skud. Nou moet ek se dat in die proses wyk my soettand nie. So, ek moes n plan maak. Nouja, hier is my yskaskaaskoek – so na aan Banting as kan kom.
NODIG:
- 500 ml klapper
- 50g botter
- 2 houers roomkaas
- 250ml room
- 5 ml vinillageursel
- 5ml Sweet-O poeierkoeldrank
- 15 ml gelatine
- 80 ml warmwater
- aarbeie vir versiering wat le in Xylitol
NOU:
- smelt die botter in die mikrogolf en meng met die klapper
- spuit n losboompan met kleefwerendemiddel en druk die klapper vas in die pan
- bak die kors vir 10 minute by 180 grade celsius
- laat die kors afkoel terwyl jy die vulsel maak
- los die gelatine in die warmwater op – mikrogolf vir 30 sekondes as jy sukkel
- klits die roomkaas tot sag en voeg die Sweet-O by en klits verder
- in n aparte bak klits die room tot sagtepuntstadium en voeg by die roomkaasmengsel
- roer nou die gelatinemengsel by die roomkaas/roommengsel
- skep op jou klapperkors en sit in die yskas om te stol – so 2 uur
- haal dit uit jou losboompan en versier met jou aarbeie of enige bessies van jou keuse.
Moet se, dis nie die ware Jakob van kaaskoeke nie, maar vir gewigsverlies met Banting gaan die een verligting bring.
Lyk veruklik lekker
Dis saglekker.
Marinda
Dankie Marinda,
ek gaan dit beslis die naweek probeer!!!!
Ann
Ann, so bly jy het dit geniet. Dis lekker vinnig om te maak.
Groete
Marinda
Baie dankie dit is so maklik en smaak heeeeeerlik!!
MC, en vinnig om te maak. Geniet!
Marinda