Groente, Sop, Voorgereg

Brokkolisop – die koue kort iets dekadents

8 comments

Dis asof die koue tot in mens se bene sny.  So wat n beter manier as om van binne warm te word.  Die sop is werklik maklik en gou om te maak.  Watter kaas jy bo-op krummel , is jou keuse.

 

BENODIG:

  • 1 ui
  • 2 koppe brokkoliMARINDA BLOG 3 005
  • 60 ml botter
  • 1,5 liter aftreksel ( ek het 2 blokkies gevat en met 1,5liter kookwater gemeng)MARINDA BLOG 3 015
  • 2,5 ml neutMARINDA BLOG 3 018
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml roomMARINDA BLOG 3 026
  • 1 driehoek bloukaas of cheddarkaas of feta ( hang af waarvan jy hou)

NOU:

  1. sny die ui in ringetjies en braai in die botter
  2. was jou brokkoli af en breek in kleiner stukkies – roerbraai so bietjie saam met die uieMARINDA BLOG 3 010
  3. los die aftrekselblokkies op in die warmwater en gooi oor die brokkoli
  4. laat dit net stoom tot sag – nie papkook nieMARINDA BLOG 3 020
  5. geur met neut, sout en peper
  6. maak dit fyn in n voeselverwerker of met n blenderstokMARINDA BLOG 3 021
  7. gooi terug in die pot en roer die room deurMARINDA BLOG 3 027

As jy dit bedien, krummel die kaas van jou keuse oor en geniet dit met n sny warm brood.MARINDA BLOG 3 034

8 Comments

  1. Sjoe net die regte ding vir die koue. Dit lyk heerlik

  2. Dit is sop met n hoofletter. Baie baie lekker!!!!

  3. Hierdie reseppie gaan werk vir Winter van 2024

  4. Danelle van Dyk

    Fantasties!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*