Die koue het nog nie die Kaap gelos nie. Ek lus vir iets wat van binne warm maak en nie te lank voor die stoof gaan neem nie. Hier is n lekker spicy resep vir hoender binne -in die oond. Bedien dit met vars brood, slaai of patats gebak in die oond.
BENODIG:
- 1 groot pak hoender
- 1 ui in ringetjies
- 125 ml olyfolie
- 125 ml suurlemoensap
- 125 ml soyasous
- Portugese Hoenderspeserye – so sterk soos jy dit wil he Ek het 100 ml gebruik en dit was lekker sterk.
NOU:
- pak die hoender op die uie in n oondbak en smeer alle kante in met die Portugese hoenderspesery
- meng die olyfolie, suurlemoensap en soyasous en gooi oor die hoender
- bak vir 30 min by 180 grade celsius met tinfoelie bedek
- haal die foelie af en bak vir nog 40 minute oop
Dankie Marinda vir die lekker resep. Het jou gemis met die lekker resepte.
Hi Elizabeth
Ek is nou net so min by my huis om te kook. Ek sal weer opvang.
Groete
Marinda
Hallo Marinda, ek het jou gister by Malmesbury se VLV ontmoet.
Die een wat n foto van jou saam met my laat neem het.
Ek wil net vir jou weer eens bedank vir die heerlike oggend saam met jou. Jy het my opnuut laat lus kry vir kook en glo my die eerste keer wat my kleinkinders kom kuier, gaan hulle van jou lekker roomys kry. Beplan jy om n kookboek met jou eie resepte te laat druk? ek staan eerste in die ry vir een. Groete. Beppie
Hi Beppie
Dit was n wondelrike oggend met baie vriendelike vrouens. Het so tuis gevoel. Die roomys bly n wenner en die kinders sal dit geniet. Sal jou op hoogte hou as ek n kookboek uitbring.
Mooi aand en stuur daai foto aan.
Groete
Marinda
Baie baie dankie vir die lekker resep – dit is onsaglik lekker om hier in NZ jou blad te lees en resepte te probeer
Jy maak my hart sing. Lekker kook! Bly binne en kyk mooi na jouself
Marinda
Marinda, sal hierdie resep ook werk vir Spit-Hoenders ?
Carel
Kann heerlik wees op die spit.
Miranda, is die hoeveelheid vir die suurlemoensap korrek?
Jy kan dit aanpas . Ons hou van die suur.