Hoofgereg

Spekko kerrie-en-rys-frikadelle

Comments are Disabled

SPEKKO RYS KERRIE-FRIKKADELLE

Kyk ‘n frikkadel is vir my een van die lekkerste trooskosse wat mens kan kry.  Jy kan my wakker maak vir ‘n frikkadel.  Ek het nog min in my lewe slegte frikkadelle en brood geeet.

Die frikkadelle kry gaarrys in die bestanddele.  Dit gee ‘n lekker tekstuur en rek die vleis so ‘n bietjie.

Bestanddele

  • 100ml olie
  • 800g worsvleis ( ek koop wors n ryg net die maalvleis uit.Dit is klaar lekker gegeur)
  • 1 eier geklits
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 60 ml chutney
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 10 ml borrie
  • 1 ui lekker fyn gekap
  • 5 ml sout
  • 250 ml gaar rys

Metode

  • Stel die oond op 180C
  • Meng alles saam en rol in balletjies.
  • Plaas dit op n gesmeerde bakplaat. ( altyd beter as jy dit vir so n uur in die yskas kan los)
  • Gooi die olie in n bakplaat/pan en plaas die frikkadelle in die olie
  • Bak oop vir 15 minute.
  • Draai die frikkadelle om en bak vir nog 15 minute tot mooi bruin.
  • Jy kan n kerriesous maak en dit in die sous ook bak.

Sous

  • 1 blikkie tamatie en uiesmoor
  • 5ml suiker
  • 5ml asyn
  • 125 ml water
  • 15 ml kerriepoeier
  • 5ml borrie
  • Sout
  • Peper
  • Meng alles saam en gooi oor frikkadelle en bak in die oond.

SPEKKO RYS KERRIE-FRIKKADELLE2

Comments are closed.