Bykosse

Ansjoviskaasbrood

0 comments

 

Ansjoviskaasbrood

Bestandele

  • 1 kleinerige Franse broodjie
  • 50 ml mayonnaise
  • 15 ml Dijon-mostert
  • 250 g cheddarkaas
  • 1 blik aspersiestukke, gedreineer
  • vars basieliekruid, tiemie en dill
  • 10 ansjovissies (of soveel of so min soos jou behaag)
  • ekstra basieliekruidblare vir garnering

Metode

Sny die brood in die lengte deur en hol die onderste deel uit. Smeer die binnekant van die brood met die mayonnaise en mostert.

Vul die uitgeholde kant van die brood met genoeg kaas, pak die aspersiestukke bo-op en sprinkel met die vars kruie. Plaas die ansjovissies bo-op, plaas die boonste gedeelte van die brood bo-op die kaas en draai die brood toe in tinfoelie.

Bak in ‘n voorverhitte oond vir 25 minute teen 180ºC. Verwyder die tinfoelie, sny in skywe en bedien terwyl nog warm.

Lewer so 4 porsies saam met sop.

Maklik!

Ansjoviskaasbrood

Mariana Du Preez Ansjovisbroodjie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*