Die week het ek saam met my kleine Pavarotti gekook. Ek weet eerlik nie of ek of Kevin Leo dit die meeste geniet het nie.
In ‘n mens se lewens is daar die mense by wie jy sorgeloos jouself kan wees. Hulle laat jou toe om jouself te mag wees. Kevin Leo is so ‘n persoon. Ons het soveel pret in die kombuis gehad dat die die woord kook nuwe betekenis gekry het. Daars gelag, gedans en gesing. Kevin het selfs n “uittreksel” gelewer en ek het met sy broek oor my skouer geëindig. Wat n program! Wat n man! Kevin Leo, I salute you!
Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147 vir hierdie spesiale episode.