Bykosse

Kaasstrooitjies

4 comments

Kaasstrooitjies

Bestandele

  • 500 ml meel
  • 500 ml sterk kaas
  • 190 ml botter
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml rooipeper
  • 2,5 ml sout
  • 125 ml koue water
  • klein bietjie ekstra meel

Metode

Meng al die bestanddele goed saam, behalwe die water en ekstra meel. Indien nodig, voeg druppels water geleidelik by tot die deeg baie styf is.

Plaas die deeg op ‘n koel meelbestrooide oppervlakte en rol uit tot die dikte van ‘n potlood. Met ‘n skerp mes, sny die deeg in dun strooitjies.

Gee elke strooitjie so een of twee draaie, of hou hulle plat – net soos jy wil – plaas hulle op ‘n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier en bak in ‘n voorverhitte oond teen 200ºC vir 5 – 7 minute of tot goudbruin.

Maklik!

Mariana Du Preez Kaasstrooitjies

4 Comments

  1. Retha Beumer

    Hoeveel beessterte het ek nodig vir 14 mense.

  2. Dankie. Heerlike disse, altyd ‘n uitdaging 👍

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*