Gebak, Nagereg, Terte

Appelpoeding of namiddag tert

7 comments

Riette en Anton kuier hier by ons.  So met die kosmaak slaan ‘n lus vir appeltert my. Daar en dan besluit ons dat appelpoeding net die regte ding vir Hopefieldkoue is. Die resep is aangepas vir wat ons in die koskas het .( onthou ons winkels maak 12 uur toe op n Sondagmiddag)poeiding en watrblomme vir blog 051

DEEG:

  1. 250 ml suiker
  2. 60ml botter of margarine
  3. 3 eiers
  4. 5ml sout
  5. 250 ml bruismeel
  6. 2 ml bakpoeier
  7. 60 ml melk
  8. 1 blik (385g)tertappels
  9. 125ml roysne wat jy in 100ml brandewyn laat le
  • klits die botter en suiker saam tot liggeel
  • voeg die eiers een vir een by en hou aan klits
  • voeg nou die bruismeel, sout, bakpoeier en melk by die eiermengsel
  • haal die rosyne uit die brandewyn (drink die brandewyn of gooi weg) en roer die rosyne by jou beslag
  • smeer ‘n oondvastebak en gooi die beslag in die oondvastebak.
  • rangskik die appels in die beslag – druk hul lekker diep in – sommer met jou vingers
  • bak vir 40 minute by 190 grade Celsiuspoeiding en watrblomme vir blog 050

STROOP

Verhit  in ‘n pot op die stoof : 250 ml suiker, 250 ml room en 5ml karamelgeursel – roer tot suiker opgelos is

Sodra die poeding uit die oond kom, gooi die warm stroop oor die poeding.  Ek het nog fyngekapte amandelsplinters ook oor gegooi.

Geniet dit met styfgeklopte room, roomys of vla. As daar oorbly kan jy dit met die namiddag koffie afsluk.

7 Comments

  1. marindakook

    Venessa, die resepte is almal maklik met die produkte wat in ons almal se huise is. Mooi week vir jou.
    Marinda

  2. Anita Pienaar

    Ek het Sondag die gebakte aartappels gemaak en dit was n reuse sukses. Constant en sy meisie was hier en en ek het gese dit
    is tannie Marinda se Aartappels en
    almal het dit baie geniet. Dankie Marind xx

  3. Eliza van der Walt

    Jou resepte lyk delious!!! Het jou winkel n website? Is dit n restaurant ?

  4. Anna Jacobs

    Marinda jy is ‘n doring, het jou so geniet op Kokkedoor as jy jou lippies so mooi rooi maak. Ek geniet kosmaak soos jy en probeer alles. Jy kan maar. Het juis na Johan Rademan op RSG geluister wat al by jou geëet het en hy sê jou kos is fantasties

    • marindakook

      Anna, vir my om kos te maak is om ietsie van myself aan ander te gee. Dis terapie vir my hande en kop. Dis lekker om van mense te hoor wat dit ook geniet. Mooi naweek vir jou. Groetnis Marinda

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*