Hoofgereg, Rooivleis, Skaapvleis

Lamsblad – Elana Vermaak hier kom hy

13 comments

Om ‘n regtige lekker lamsblad gaar te maak het jy tyd aan jou kant nodig,  Elana het vir my gesskryf dat haar blad nie ontbeen is  nie, en waar sy bly is daar nie veel groot winkels waar sy allerhande goed kan koop nie.  Wel vir ‘n lamsblad maak jy hom gaar van sy ma af.  Niks te veel en fensie nie.  Hou sy smaak.

  • stel jou oond op 180 grade Celsius
  • sout en peper jou blad ruim
  • onder in ‘n oondbak sny jy 3 uie (ek hou baie van uie), 3 wortels in ringetjies, 8 toontjies knoffel (sommer so met die skilletjie nog aan)
  • op die uie en wortel pak jy so 4 takkies roosmaryn
  • nou smeer jy jou blad lekker in met die sap van een suurlemoen en olyfolie
  • pak die blad op die bed van groente wat  en gooi ‘n half koppie witwyn en ‘n half koppie water by dit in
  • sit die deksel op of maak toe met tinfoelie. Vergeet van die blad in die oond vir een en ‘n half uur
  • skil klein aartappeltjies en klein uitjies.  Na een en ‘n halfuur sit jy die aartappels en uitjies by die boud in die bak.
  • haal nou die deksel/tinfoelie af en bak in die oond oop vir nog 1 uur.

Die blad behoort nou murgsag en bruin te wees.

Tags

13 Comments

  1. Elana Vermaak

    Nou ja, die blad op sy groente beddingkie en vloeistoffies by is al in die oond vir so 45 min. Ek gaan die allerlekkerste butternut en groenboontjies met witsous bymaak (hulle ook al op die plate aan die gang) en dan sommer ‘n lekker mushroom en pepper gegeurde rysie. Is so opgewonde soos ‘n dogtertjie die aand voor Kersfees oor daai hopenlike langverwagte pop in die geskenkpapier toegedraai………

  2. Ek gaan moré probeer, waar kan ek fotos stuur. Wens my geluk 😉

  3. Ek gaan die resep probeer en terugrapporteer!

  4. Lyk baie lekker, kan nie wag nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*