Seekos

Aspersievis

9 comments

Ons eet oor die algemeen te min vis in hierdie mooie land van ons.  Die beskikbaarheid en gehalte van bevrore vis is goed.  Die gereg kan as n hoofgereg of as n voorgereg gebruik word. Mense dink jy het baie moeite gedoen en eintlik is dit n een-bak-gereg.VIS 040

 

BENODIG:

  • 6 stokvis/hake porsies
  • 1 blikkie of botteltjie aspersies ( hou die water waarin hulle kom)
  • 250 ml suurroomVIS 007
  • 250 ml witwyn
  • 125 ml melk
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 10 ml mostertVIS 010
  • 125 ml water
  • visspesery of sout en peperVIS 001

NOU:

  1. smeer n oondbak en pak jou vis in die bak
  2. geur met jou visspesery of met sout en peper
  3. pak die aspersies bo-op die visVIS 002
  4. meng die sampioensop, die sous van die aspersies, room, water, wyn en melk saam VIS 011
  5. gooi die mengsel oor die vis en aspersies
  6. maak toe met tinfoelie en bak vir 15 min by 180 grade celsius
  7. haal die foelie af en gooi kaas oor (jy kan soveel kaas as wat jy wil oor die vis strooi)VIS 018
  8. bak nou vir nog 15 min oopVIS 029

Bedien die vis-heerlikheid met groente, kapokaartappels of n vars slaai.VIS 041

9 Comments

  1. Gaan beslis vissie probeer, maar vertel my wat het jy alles by jou kapokaartappels gesit. Gereg lyk jammie!

    • Melinda, die vissie is heerlik. Dis nie kapokaartappel langsaan nie. Dis kool en brokkolie wat ek gemeng het met knoffel, gemmer en chillie wat ek fyngekap en gebraai het in die pan. Toe het ek dit met olyfolie en suurlemoensap gemeng en deur die klaar gaar koool/brokkolie mengsel geroer. Baie lekker.
      Groete
      marinda

  2. Elizabeth Pretorius (Kleina)

    Dit lyk heerlik.

  3. Jeannette Venter

    Mmm… Ek luv dit. Gaan vlg keer aspersies bysit!!! 🎉 🎉 🎉

  4. Liesel Schreiber

    Marinda gebruik jy bevrore vis of is dit ontvries?

  5. Alice Ball

    Marinda…we love watching your show.. love your cooking and awesome sense of humour. Love from Alice and Elize my email is

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*