Brood, Gebak

Songedroogte tamatie-en-fetabrood – met winkeldeeg

0 comments

Om te knie of om nie te knie nie?  Wel soms , net soms is dit beter om nie te knie nie!  Winkeldeeg is so veelsydig.  Ek gaan oor die volgende paar weke vir jou wys hoe jy vinnig kan toor met winkeldeeg en nie inboet op kwaliteit nie.brood 2

BENODIG

  •  1kg winkeldeegWINKELDEEG 001
  • 10 songedroogte tamaties
  • 2 wieletjies fetakaas

NOU:

  1. sny die songedroogte tamties in kwarteWINKELDEEG 002
  2. krummel die fetakaas
  3. knie dit deur die deegWINKELDEEG 003
  4. plaas in n bakpannetjie wat gespuit is met kleefwerende sproeiWINKELDEEG 007
  5. laat dit rys  – om en by 1 uurWINKELDEEG 020
  6. bak vir 35 minute by 180grade CelsiusWINKELDEEG 021

Eet met dik botter totdat die sousies teen jou wange afloop.brood 3brood 1

Ek het hierdie pragtige papier broodpannetjies vir R2.50 een gekoop.  Dit maak ‘n pragtige geskenk vir iemand besonders.  Gee dit net so in dit pannetjie.WINKELDEEG 006

 

Tags

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*