Gebak, Nagereg

Roompoffertjies – jy kan dit bak

16 comments

Roompoffertjies lyk moeilik om te bak.  Glo my dit is nie.  Dis makliker as om roereier te maak.  Dis so ‘n lekker veelsydige iets.  Dit kan met soet of sout gevul word.  Probeer dit.  Mense is gewoonlik vreeslik beindruk as jy dit maak.  Maklik en lekkerrrrrrrrr!ROOMPOFFERTJIES 052

 

BENODIG:

  • 250 ml water
  • 125 ml botter
  • 250 ml meel
  • 4 eiersROOMPOFFERTJIES 001

NOU:

  1. kook die water en botter saam totdat die botter gesmelt hetROOMPOFFERTJIES 004
  2. roer al die meel gelyk daarin totdat dit los kom van die kanteROOMPOFFERTJIES 005
  3. haal die kastrol van die hitte af en roer die eiers een vir een deeglik by.ROOMPOFFERTJIES 009
  4. spuit n bakplaat met kleefwerende sproei
  5. gebruik n teelepel en skep hopies van die deeg op die bakplaatROOMPOFFERTJIES 012
  6. bak vir 20 minute by 190 grade celsius en dan nog vir 20 minute by 160 grade celsiusROOMPOFFERTJIES 024
  7. laat dit afkoel op n draadrakkieROOMPOFFERTJIES 028

Jy kan dit vul met room, karamel of enige iets van jou keuse.ROOMPOFFERTJIES 031

Ek het 250 ml room geklits met 80 ml strooisuiker en 2,5 ml vanillageursel.ROOMPOFFERTJIES 033

Toe het ek een slab sjokolade gesmelt met 80 ml room in die mikrogolf en die poffertjies in dit gedruk.ROOMPOFFERTJIES 053

 

As jy met soutvulsels werk , kan jy roomkaas geur en dit met roomkaas, tuna of salmon vul.   Die keuse is joune.

 

16 Comments

  1. Jenő Diozeggi

    Dit klink maklik genoeg – hopelik maak ek dit vandag nog!! Dis minstens die beplanning – 🤞😉
    Dankie vir resep! 👍🙃…

    • Het dit lekker gekom? Die resep is maklik.

      • Ek wil vr my dogter se troue die Franse troukoek van roompoffertjies maak. Hoe lank voor die tyd kan ek die vulsels insit en piramide pak? Ek het dit laas op skool gedoen.
        En indien ek die poffers voor die tyd vries, sal die poffertjie nie pap wees wanneer dit ontvries nie?
        En hoe lank voor die tyd kan ek die vulsels inspuit?

  2. Goeie dag Marinda, jy is beslis my go to persoon as ek resep soek. Baie dankie daarvoor.Hoe lank kan mens die poffers vooraf maak? Kan ek dit in lugdigte houer bere en net weer opcrisp in oond dag van funksie?

  3. Nonnie Coetsee

    Baie dankie jy het my oor my vrees gekry. Myne het excellent uit gekom.

  4. Hallo Marinda! Ontdek ek jou nou eers hier op amper 80😝😝😝 Ek het vandag Poffertjies gebak volgens jou resep vir vriendin wat moet reg staan vir ‘n doop. Groot sukses. 1000 dankies. Ek sien Jy het joune net in sjokolade gedoop. Maak Ek ‘n sy sny Thie iewers om eers room in te skep? En kan ek dit dan nog in sjokolade ook “woerts.?”

    • Hermien, jammer ek antwoord nou eers. Ek was besig met ‘n produksie in Kaapstad. Ek vat partymaal die versierbuis se neusie en druk die room aan die onderkant in. Die neusie maak sommer die gaatjie. Jy kan dit hal deursny en ook die room inskep. En dan woerts jy dit nog steeds deur die sjokolade.

  5. Hi Marinda
    Poffertjies is die een ding wat ek goed doen. Kan ek beslag vries en uithaal om te bak vir partytjie. Ekt telkemale al in yskas gebêre.

  6. Monica Agenbah

    Marinda baie dankie vir hierdie maklike resep vir room poffertjies. Is bly om te sien dat jy die ongevulde poffertjie kan vries

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*