Hoofgereg

Babbelas Bunny Chow-bobotie

0 comments

Bestanddele

  • 1 groot ui, in dun wiggies gesny
  • 30 ml sonneblomolie
  • 400 g gekoopte pakkie ‘Cook-in’ kerriesous soos Rogan Josh- of Vindaloo-sous
  • broodrolletjies
  • gesmelte botter
  • 4 – 6 porsies oorskiet bobotie
  • heel koljanderblare
  • blatjang
  • tamatiesambal gemaak van klein blokkies tamatie, komkommer en ui en gegeur met gekapte brandrissie, sout, wit peper, suiker en asyn

Metode:

Braai die ui in die olie tot goudbruin.

Voeg die gekoopte kerriesous by en laat dit stadig kook vir 5 minute. Roer af en toe.

Hol die rolletjies uit en verf die binnekante liggies met die gesmelte botter.

Bak vir 6 – 8 minute in ‘n matige oond om bros en warm te raak.

Verhit die oorskiet bobotie en vul die warm rolletjies daarmee.

Skep van die warm sous oor, garneer met heel takkies koljanderblare.

Bedien 4 – 6 met blatjang en tamatiesambal

Maklik!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*