Bestanddele
- 1.2 kg patats, geskil en in kleiner stukke gesny
- 65 g geraperde gemmer
- 800 ml melk
- 500 g gerookte skelvis, ontvel en in 3 cm stukkies gesny
- 500 g stokvis-filette, ontvel en in 3 cm stukkies gesny
- 400 g heel calamari, in 2 cm blokkies of skywe gesny
- 400 g uitgedopte, skoon mossels
- 5 – 10 ml gerasperde knoffel
- 1 x 68 g pakkie wit uiesoppoeier
- 65 ml korreltjie-mosterd
- 65 ml grofgekapte Italiaanse pietersielie
- 125 ml room
- 65 ml fyngesnyde sprietuie
- sout en peper na smaak
- gesmelte botter na smaak
- gerasperde suurlemoenskil na smaak
- nog ekstra fyngekapte pietersielie na smaak
Metode:
Kook die patats saam met die gemmer in ‘n bietjie water tot sag. Dreineer deeglik en hou warm.
Verhit intussen die melk en voeg die skel- en stokvis by. Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute.
Voeg die calamari en mossels by. Kook nog so minuut en verwyder dan die pan van die hitte. Maak die pan toe en sit eenkant sodat die vis verder gaar kan stoom in die warm melk.
Dreineer die vis nou goed maar behou die melk en giet dit terug in die pan. Maak die vis weer toe en hou eenkant.
Voeg die knoffel by die melk en bring tot kookpunt.
Meng die soppoeier met bietjie kouewater tot glad en klits met ‘n ballonklitser by die melk in.
Hou aan klits totdat die melk dikgekook het.
Verwyder van die hitte en roer die mosterd, 65 ml pietersielie en room in.
Giet die mengsel oor die vis en meng liggies.
Skep die mengsel in ‘n diep, hittebestande bak wat liggies gesmeer is met botter.
Druk die patats fyn – maar nie te fyn nie – en roer die sprietuie by.
Geur na smaak met sout en peper. Skep die mengsel bo-op die vis en maak nou klein kepies of gaaties in die patats.
Bedruip met die gesmelte botter en bak in die oond teen 190°C vir 20 minute of totdat die vissous lekker begin uitborrel langs die kante van die bak.
Stel die oond op rooster en rooster die bokant van die pastei totdat die patats goudbruin en hier en daar krakerig is.
Verwyder van die oond en garneer met die suurlemoenskil en ektra pietersielie.
Lewer 6 – 8 porsies saam met ‘n lekker groenslaai.
Maklik!