Bestanddele
Vleislaag
- 250 ml melk
- 2 groot eiers
- 2 dik snye witbrood, in blokkies gebreek
- 30 ml sonneblomolie
- 1 groot, fyngekapte ui
- 45 ml suiker
- 45 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 30 ml wit asyn
- 4 x 250 ml oorskiet lamsvleis, in 1 cm stukkies gesny or gevlok
- 250 ml pitlose rosyne
- 125 ml vrugteblatjang
- sout en wit peper na smaak
- handvol amandelvlokkies
- 6 suurlemoen- of lourierblare
Vla-bolaag
- 3 groot eiers
- 375 ml melk
- sout en peper na smaak
Metode:
Vir die vleislaag: Klits die melk en eiers saam en giet oor die broodblokkies.
Meng goed en sit eenkant om te week.
Verhit die olie in ‘n pan en braai die ui tot glasig, voeg dan die suiker en kerriepoeier by en braai vir nog ‘n minuut of wat om die melerigheid uit die kerrie te braai.
Roer die borrie en asyn by en voeg die mengsel by die vleis.
Voeg die rosyne en blatjang by, geur na smaak en meng liggies.
Indien nodig, breek enige groot stukke brood fyn met ‘n vurk en meng deeglik by die vleismengsel in.
Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak (of klein oondvaste bakkies) en bak teen 190°C vir 20 minute.
Klits intussen die bolaag-bestanddele saam, haal die vleis uit die oond en giet die vla bo-oor die vleis.
Besprinkle die bobotie(s) met amandelvlokkies en steek die suurlemoen- of lourierblare in die vla.
Bak nou verder teen 180°C vir 20 – 30 minute of tot die bolaag gestol is.
Bedien 6 porsies saam met rys, blatjang en ‘n tamatie-groente sambal (*).
Maklik!
(*) Tamatie-groente sambal: Meng klein blokkies tamatie, uie, komkommer en groen of rooi soetrissie. Geur na smaak met fyngekapte groen brandrissie, fyngekapte koljanderblare, gewone asyn, sout, wit peper en suiker na smaak. Heerlik!