Rooivleis

Bees dekrib

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 1,5 kg rib opgesny in stukke
  • 2 uie
  • 1 knoffelbol
  • 6 wortels
  • 4 sederystokke
  • 4 naeltjies
  • 1 blikkie tamatiepuree
  • 30 ml suiker
  • 15 ml gerookte paprika
  • 1 pakkie bruin uiesop
  • 100 ml Worcestersous
  • 100 ml Chutney
  • 100 ml All Gold tamatiesous
  • 125 ml rooiwyn
  • 4 groot aartappels middeldeur gesny
  • 250 ml water
  • Sout en peper

Metode

  1. Sit die beesrib met die naeltjies en water in ‘n drukkoker vir 40 minute
  2. Sny die uie en wortels in ringetjies en pak dit onder in ‘n oondbak
  3. Pak die halfgaar dikrib op die uie en wortels
  4. Meng die res van die bestanddele en gooi oor die dikrib
  5. Sny die knoffelbol in die middle deur en sit ook in die bak
  6. Maak die bak toe en bak in die oond vir 60 minute teen 180C
  7. Maak die vleis oop. Sit nou die aartappels in en bak vir nog 90 minute oop.
  8. Die vleis moet sag wees en liggies van die been af loskom.

Comments are closed.