Bestandele
- 300 g Gemengde-kleure babaworteltjies
- 300 g Geel murgpampoentjies
- 300 g Groenbone of baba sneeu-ertjies
- 300 g Tamaties – verkieslik nog aan die stingel
- 90 ml Suurlemoengegeurde olyf- of avokado-olie
- 30 ml Fyngerasperde knoffel
- 15 ml Fyngerasperde suurlemoenskil
- 15 ml Suurlemoensap
- Growwe sout en swartpeper na smaak
Metode
Maak die worteltjies, murgpampoentjies en sneeu-ertjies vooraf bietjie gaar; net-net gaar maar nog ferm. Dreineer en braai hulle – een soort op ‘n slag, tamaties inkluis – in ‘n riffelpan totdat hulle rokerig is en daar donker strepies op die groente is. Sit die gebraaide groente in ‘n groot glas mengbak.
Meng tesame die olie, knoffel, skil en suurlemoensap en giet dit oor die warm groente. Geur met sout en swartpeper en bedien.
Lewer 6 – 8 porsies saam met enige hoofgereg.
Maklik!
Dit lyk heerlik. Altyd lekker te sien hoe jy mook.
Probeer dit gerus. Dit is heerlik. Bly jy hou van my eenvoudige manier van kook.x