Kyk, my kinders is nie lief vir bloukaas nie, maar bloukaas hoender maak ek op aanvraag. Hulle hang hul behoorlik op aan die hoender. Dan as ek gaste spesiaal wil laat voel ,maak ek dit ook. Daars mos iets grands aan bloukaas – seker omdat ek dit nie as n kind geken het nie.
- 6 stukkies hoenderfilette ( sonder vel of bene)
- 500 ml meel ( ek weet dis te veel, maar ek wil nie sukkel nie)
- 4 eiers liggies geklits – sommer met n vurk
- 200g broodkrummels ( wat jy koop in die winkel , is gewoonlik daar waar die speserye is)
- 250ml room
- 1 driehoekie bloukaas
NOU:
- maak drie borde/bakkies in n ry staan. In die een gooi jy die meel, dan die eiers en dan die broodkrummels
- druk die hoender eers in die meel, dan die eiers en dan in die broodkrummels
- pak dit in n oondvaste bak
- gooi die room oor
- krummel die bloukaas oor
- bak dit by 190 grade Celsius toe met tinfoelie vir 20 minute
- haal die tinfoelie af en bak dit vir nog 20 minute oop
Dis n groot lekkerte. Ek het myne bedien met koeskoes en chillie – en natuurlik n glasie wyn.
Did klink na n wenner!!!
Dis heerlik verby.
Johann dit is. Geniet dit.
Klink lekker! Ek gaan dit vanaand maak… kom daar geen sout, peper of spesery by nie?
Dit is baie lekker. Klein bietjie sout en peper. Die kaas is reeds sout.
geniet
M
neem aan die kaas se sout is genoeg of kan mens dalk bietjie sout of speserye bygooi…sal dit dalk die smaak beinvloed.? NS>>>>jou tamatiebredie is lipaflek lekker!!
Ek sit liggies sout en peper by. Dis regtig n heerlike gereg.
Annemarie, ek gooi maar altyd bietjie sout en peper – seker partymaal uit gewoonte. Die gereg bly n wenner. So bly jy het die tamatiebredie geniet. x
Heerlik en ek is nie n liefhebber van bloukaas.
Het op TV gesien. Lyk HEERLIK!!!!!. Gaan dit vandag maak. HOU BAIEE VAN JOU PROGRAM Marinda. BAIEE BAIEE DANKIE.
Groooooot dankie 🙏 Die hoender is heerlik.
Hallo Marinda, hierdie resep is regtig vrek lekker – en dan boonop ‘n “grand” ete ook. Baie dankie vir hierdie spesiale bloukaas hoender resep. 10/10.
Dit bly my gesin se gunsteling.
Hallo Marinda
Ek maak hierdie resep van jou al vir jare. Het eenkeer op RSG gehoor toe jy dit deurgegee het(voordat jy nog celeb was”😉) Dit bly bly maar ‘n wenner! Ek wil dit juis vandag weer maak. Jou tamatiekos resep is ook’ n groot gunsteling. 👋
Liewe Annemarie, my hart sing. lekker eet.
Liefde
Marinda