Gebak

Skons – net 3 bestandele

37 comments

Ek hou van skons, maar dit moet nie na bakpoeier proe nie. Dit los mos so n skurwe smaak in jou mond. Vir my moet  skons  hoog wees en nie kluitjierig binne- in lyk nie.  Ek het hierdie resep raakgelees op my vriend Pierre Rossouw se facebookblad.  Ek was ongelowig oor die snaakse drie bestandele.  Wel, ek het dit op die proef gestel en gaan nooit weer terugkyk nie. Heerlik, heerlik, heerlik.

Ek weet in Afrikaans is dit botterbroodjies, maar dit le nie so lekker op my tong nie.

Skons – net 3 bestandele

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Gebak
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500g bruismeel

  • 250 ml room

  • 330 ml Sprite koeldrank (‘n blikkie)

  • En dan so bietjie sout (halwe teelepel).

Metode

  • Gooi jou meel en sout in ‘n mengbak en maak n holte in die middel met jou houtlepel.
  • Gooi die room in die holte en roer deurmekaar.
  • Gooi nou jou Sprite by en roer goed.
  • Spuit jou muffinpannetjie met spray en cook of smeer dit met botter, skep lepels vol in n muffinpannetjie (jy kry 12 met gemak uit).
  • Bak vir 20 – 25 minute by 180 grade celsius.

scones vir blog 031

scones vir blog 042

Kyk dit was nou lekker.  Ons het dit geniet met aarbeikonfyt en room.  Jy kan dit met soutigheid en kaas ook geniet. Hier kan jy heerlik kreatief wees.  Maak n tunamengsel met pietersielie en mayo vir bo-op sit, hoendermayonaise, gekookte eier fyngekap – net wat jou hart begeer.

Ek is seker dat jy sjokoladesplinters, neute, gekapte droevrugte, olywe  , songedroogte tamaties en iets van jou keuse ook kan by roer.

Dis so vining en maklik dat jy nooit weer hoef wakker te le oor wat jou gaste gaan eet vir ontbyt nie.

scones vir blog 045

Selfs Sus, ons hond is bederf met een in haar eie bordjie daai gechipte een wat jy eenkant hou).

Tags

37 Comments

  1. Dis nou oulik!Ek gaan dit defnitief probeer maak, lyk heel maklik.Baie dankie Marinda!

  2. marindakook

    Jy laat my glimlag vandag.

  3. Madelein Dreyer

    Ek doen nie graag “domestic” nie, en selfs ek sal hierdie kan maak! Lol. Dankie Marinda!

  4. Merle Theunissen

    Gaan dit beproef, my mense beskou my as n bobaas skon bakker(as jy vir st 6 huishoudkunde gegee het moet jy dit toe oe kan doen ) klink vir my na molkulere gastronomie. ?..

  5. Interessant!

  6. marindakook

    Sonder eiers Theuns. Probeer dit.

  7. Lois olivier

    Mmmmmmmm gaan dit probeer ja! Dankie

  8. Dankie vriendin, ek gaan dit vir die kinders vir ontbyt maak more oggend! XXX

  9. Marinda,
    Ek het die reseppie vir my dogter in N Z gegee, want my kleinkind is so lief vir Bak en brou. Ongelukkig nie gewerk!!! Deeg was te slap. Ek het dit toe vanmiddag probeer, maar 3 koppies bruinsmeel gebruik! Dit lyk nou goed! Ek wonder sommer nou is dit 500ml of 500 gram bruinsmeel?

    Klein Karoo groete,
    Jenny

    • marindakook

      Middag Jenny, groooooot dankie vir jou skrywe. Dis beslis 500 g bruismeel en nie 500 ml nie. Hoop nie dit het jou verontrief nie.
      Groetnis
      Marinda

  10. Theuns, dankie dat jy my vandag hardop laat lag het. Jou beskrywing maak dat ek ook wil probeer wat jy gemaak het. Bly die Heuwels Fantasties het vir meer as net musiek gesorg.
    Mooi dag
    Marinda

  11. Dankie vir resep het dit vanaand gemaak en dit was heerlik! Van nou af bak en net so my skons.

  12. My skons is altyd of te dik of te dun uitgerol, hierdie in die muffinpannetjies is ‘n wenresep en sal dit nooit weer anders maak nie.

  13. Baie dankie vir hierdie maklike resep. Pragtig uitgekom! My skoonma het dit Saterdag by Silwerkruin Wellington se Onbyt by jou gehoor. Kon nie anders moes dit uittoets.

    • marindakook

      MC, dit was so n lekker dag in Wellington. Ek is nou bietjie stil op die blog, want ek toer so rond. Hoop ek kan nog baie lekker resepte vir julle oplaai.
      Groete
      Marinda

  14. H’m – dit IS lekker – vinnig en maklik om aan te maak en dit is waar dat hierdie skons nie daardie ‘branderige bakpoeier’ smaak het nie. Dankie vir resep (wonder net wie die slimkind is wat geweet het om Sprite te gebruik?)

    • Hi Marietjie, dit is n heerlike resep. Ek weet nie wie die slimkind was nie, maar gebruik die resep al vir jare.
      groete
      marinda

  15. Mooooooeerse lekker!!!

  16. Johtie Burger

    Marinda dankie vir die heerlike resep. Nou met die “gehoktheid” het my man begin om te kook en bak en ek kan nou heerlik agteroor sit met my brei- en hekelwerk. Dankie vir hierdie heerlike resep. Nou is hy ‘n baasbakker en koker.

    • Middag, So ‘n man laat my hart sing. Ek moet se ek sit ook lekker en brei so tussen die kospotte deur. Geniet die boek
      Groete
      Marinda

  17. Ek wil graag die resep probeer maar kan nerens die ou gewone Sprite kry nie! Wat kan ek as plaasvervanger gebruik?

  18. N awesomeness resep.
    Love love marinda
    Se maklike resepte!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*