Nagereg

Nutella broodpoeding

4 comments

Die poeding is een van my kinders se gunstelinge. As jy nie croissante het nie kan jy dagoud brood gebruik.

Nutella broodpoeding

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Nagereg
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 8 croissante

  • 1 potjie Nutella-sjokoladesmeer

  • 500 ml room

  • 250 ml melk

  • 4 eiers

  • 5 ml vanieljegeursel

  • 125 ml strooisuiker

Metode

  • Sny die croissante middeldeur en smeer dit dik met die Nutella.
  • Pak die gesmeerde croissante soos dakteëls oormekaar in ’n oondvaste bak.
  • Meng die room, melk, eiers, vanieljegeursel en strooisuiker goed.
  • Gooi dit oor die croissante.
  • Laat dit staan vir 60 minute.
  • Bak dit dan vir 40 minute by 180 °C.
  • Haal dit uit die oond en sit dit voor met vla of roomys.

4 Comments

  1. Margaret Nel

    Dankie Marinda..👏.ek mis nooit jou Program nie… want jy gee altyd sulke lekker vinnige “maklike” Resepte wat nooit flop nie..ennnn mens het meeste bestandele in die huis..dis nie “fensie” goed nodig nie..Baie dankie..💞💞💞

  2. Baie dankie vir heerlike resepte Marinda en ‘n puik program. Wees geseend.

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*