Hoofgereg, Rooivleis

Soutvleis – vir krismis

12 comments

Om soutvleis in jou yskas te he, is om kos in jou huis te he.Dis lekkerder as enige gekoopte kouevleis en daar is n gevoel van tevredenheid in jou binneste. Soutvleis met mostert en slaai op n toebroodjie vra net vir n glasie koud by.frikadelle en soutvleis en mash blog 040

 

BENODIG:

  • soutvleis / corned beef – te koop by supermarkte of by Fruit en Vegfrikadelle en soutvleis en mash blog 039
  • 2 lourierblare / bay leaves
  • 5 heel naeltjies
  • 5 heel peperkorrelsfrikadelle en soutvleis en mash blog 041
  • 1 ui in ringe gesny
  • 3 wortels in ringe gesny
  • 1 takkie pietersielie
  • 15 ml bruinsuiker
  • 10 ml mostert klaar aangemaak of 5 ml poeiermostert
  • genoeg water om die vleis toe te maak in die pot

NOU:

  • sny die ui en die wortel  in n pot
  • gooi die lourierblare, pietersielie, naeltjies, peperkorrels, suiker en mostert op die uie en wortelsfrikadelle en soutvleis en mash blog 044
  • sit die vleis in die pot en maak dit toe met waterfrikadelle en soutvleis en mash blog 053
  • nou vir elke 500g wat die vleis weeg, kook jy dit vir 30 minute op die stoof ( my vleis het 1,5 kg geweeg en ek het dit stadig vir 90 minute gekook)frikadelle en soutvleis en mash blog 054
  • haal die vleis uit die water en laat  afkoel buite die yskasfrikadelle en soutvleis en mash blog 067
  • draai nou die vleis toe in gladwrap en bere dit in n plastiekhouer in jou yskas – dit kan werklik baie lank hou in jou yskasfrikadelle en soutvleis en mash blog 069

Geniet hierdie stukkie tradisionele vleis op brood of in n slaai.  Mostert en sweet chilliesous komplimenteer die soutvleis.frikadelle en soutvleis en mash blog 071

12 Comments

  1. Linda Rademeyer

    Hi Marinda,
    Dankie vir die resep.
    My gunsteling vleis oor Kersgety lekkerder as kalkoen.
    Kan nie wag om myne te koop nie het nog nie n lekker snit gesien.
    Soek nog. Stuur maar die resepte ons sien uit daarna.
    Soet bly.
    Linda.

    • Linda, soos ek hier in my kombuisie kook, laai ek die resepte op. Jy moet n mooi dag he. Marinda

      • Susan, ek gebruik die resep van Foodlovers Recipes. Baie lekker.
        BESTANDELE
        6 niertjies in blokkies gesny.
        2 koppies lewer in blokkies gesny.
        1 groot opgekapte ui.
        1 koppie niervet in blokkies gesny.(opsioneel)
        sout.
        peper.
        suiker.
        maizena.
        asyn.
        6 heel naeltjies.
        KOOKWATER

        Metode:
        Braai die vet tot ligbruin in n pot of kastrol ,groot genoeg vir die sous ook skep die stukke uit en… bere eenkant,gee die uitgebrande vet vir die ousie
        Braai die uie tot ligbruin,in dieselfde pot,wat nou lekker geolie is,bere eenkant
        Braai(roer) die lewer en niertjies tot verkleur.Voeg nou die vet en uie by,dadelik daarna die KOOKWATER.Gooi 6 naeltjies,sout,peper en suiker in na smaak.
        Kook die bedryf tot gaar(sny van die grooter stukke oop om te sien)as jy dit te lank kook is die vleis rubber.(Dan kan jy dit vir die hond gee) NOU LUISTER MOOI;
        Vat so kwart koppie asyn met opgehoopte eetlepel maizena roer tot die klonte weg is,in dieselfde koppie,jy kan koue water bygooi as dit te dik is. NOU terwyl jy die pot roer,gooi jy die asyn mengsel STADIG in. BLY ROER as hy te dun is maak nog maizena met koue water aan,gooi by.as jou bedryf te dik is gooi water by. Kook vir nog n rukkie,Bedien saam pap of brood.

    • Susan, laat weet hoe dit gesmaak het. Ek bere dit altyd in die yskas vir daardie dae wat jy nie lus het om te kook nie.
      groete
      marinda

  2. Ek wil graag weet hoe maak jy die soutvleis. Het ‘n stuk bees maar om dit tot soutvleis te maak. As jy kan help sal ek dit waardeer.groete. Sandra

    • Middag Sandra, ek het hierdie resep destyds op die internet gekry en dit werk goed. Soutvleis in die yskas is altyd n wenner.
      Hierdie resep is baie, baie oud en kom uit my Oorl. Moeder se resepte boek.

      BESTANDELE
      5kg vleis
      15g saltpeter
      15-75g bruin suiker (na smaak)
      200g sout
      1 teel swartpeper
      8 lourierblare
      2 huisies knoffel
      2 teel gemmer
      2teel wonderpeper

      METODE
      Meng alles goed saam, vryf mengsel in vleis in. Plaas vleis in houer, strooi orige mengsel bo-oor en laat vleis vir 1 week in die yskas staan. Draai elke dag om en vryf weer in met mengsel tot alles opgelos is. Gooi water by tot heelbedek en kook tot gaar.

      ALTERNATIEWE RESEP
      1.5kg growwe sout
      30g saltpeter
      500g bruin suiker
      Genoeg water om vleis heeltemal te bedek
      Roer al die bestandele in die water tot opgelos. Plaas vleis daarin maak seker dit is heeltemal bedek. Laat vleis 5-6dae daarin le. Hou op ‘n koel plek. Gooi 2teel koljander en 2teel naeltjies in die water en kook tot gaar. *Rina*

  3. Kan mens wildsvleis ook sout maak

  4. Hi Marinda
    Hoe kan ek n lekker silwerside roast gaar maak vir kersfees?

  5. Wat doen jy met die sous en groente na jy “corned beef” gekook het

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*