KORING
BESTANDDELE
- 500 ml koring
- Genoeg water om dit toe te maak
- 30 ml olie
- 1 ui fyn gesny
- 1 rooi en 1 geel peper fyn gesny
- 500 ml sampioene fyn gesny
- 1 blik mieliepitte
- 250 ml bevrore ertjies
- 100 ml botter
- Sout en peper
METODE
- Kook die koring sag in water met n knippie sout. Dit neem so 30 minute. Dreineer dit. Roer dadelik die botter deur.
- Braai die uie in olie tot glaserig. Braai nou die pepers tot net sag . Braai nou die sampioene tot net sag. Meng dit alles by die koring.
- Roer nou die mieliepitte en ertjies deur die koring.