Gebak, Nagereg

Choc pot in 2 minute – mikrogolf

4 comments

Ek het nou die beker sjokoladepoeding geeet en dink ek is versadig vir 2 weke.  Dis ryk, dis klam en dis dekadent en dis vinnig.  Dis ideaal vir die gaste wat onverwags opdaag.  Bedien dit met room, roomys of vla.sjok poeding blog 026

 

BENODIG:

  • 80g botter
  • 80 g sjokolade ( ek het heelneut gebruik, maar jy kan enige sjokolade gebruik)
  • 30g koekmeel
  • 30g suiker
  • knippie sout
  • 1/2 teelepel vanillageursel
  • 1 eier
  • 2 blokkies sjokolade

NOU:

  1. smelt die botter en sjokolade vir 1 minuut in n bakkie in die mikrogolf – roer dit sjok poeding blog 006
  2. meng die meel, suiker, sout, eier en vanillageursel met n draadklitsersjok poeding blog 005
  3. meng die warm sjokolade/botter mengsel by jou meelmengselsjok poeding blog 011
  4. spuit twee bekers met spray en cook en verdeel die mengsel tussen die twee bekerssjok poeding blog 015
  5. druk nog 2 blokkies sjokolade in elke beker – dit moet toe wees onder die beslagsjok poeding blog 013
  6. mikrogolf op hoog vir 90 sekondes – as dit nog nie los is van die kante nie, mikrogolf nog vir 30 sekondessjok poeding blog 018

Wees gewaarsku : die nagereg is ryk.  Dis heerlik klam en vra vir nog.sjok poeding blog 030

Jy kan dit in die beker eet of die kante losmaak en dit uitdop op n bordjie.sjok poeding blog 033

4 Comments

  1. O, dit lyk YURLUK! hou van jou MAKLIKE resepte, vriendin!

    • marindakook

      Elmarie ek is te oud om omslagtig te werk in die kombuis. Die lekkerste vir die potjie is goeie kwaliteit donker sjokolade. Geniet.
      Marinda

  2. Eet sommer die foto so lekker lyk dit!!!!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*