By ons was Vrydae altyd visdae. Ek het stokvis (hake) vir die gereg gebruik maar jy kan enige ferm witvis gebruik. En ja, ek het n soppoeier gebruik. ( die kossnobs gril mos vir soppoeier). Die geheim van die gereg is om die vis nie te gaar te maak nie.
BENODIG:
- 3 vismote ( ek het bevrore vis gebruik en voor die tyd dit laat ontdooi)
- 250 ml room
- 1/2 pakkie wituiesop poeier
- 1 houertjie sampioene
- visspesery as jy het
- sout en peper
- 250 ml sterk kaas
- 1 wieletjie feta
NOU:
- sny die vis in porsies en sit in jou oondbak
- gooi jou sout en peper en visspesery oor
- strooi die soppoeier oor
- sny die sampioene en gooi oor die vis
- gooi jou houer room oor
- maak die vis toe met foelie en bak in die oond vir 15 minute by 180 grade celsius
- na 15 minute haal die foelie af en strooi jou kaas oor die vis
- bak nou oop vir nog 15 minute
Geniet die gereg met chips, groente of rys. Maak n lekker bottel koue witwyn oop en gaan so die naweek rustig binne.
DIT IS N WENER EN SO HEERLIK BAIE DANKIE
So bly. x
Maklik om te maak en heerlik. Laat my voel soos n bobaas chef.
Jy maak my hart sing x
Heerlik Marinda!
Wanner begin jy weer met Maklik met Marinda,ons het dit baie geniet.
Daar is al ‘n nuwe reeks aan op die oomblik. Woensdae om 17.30 op Via kanaal 147
Kyk en geniet
marinda
Dankie Marinda wens daar is nog baie sulke vinnige gesonde kos beskikbaar heerlik
Sal probeer!!!!!
Het vir resep in my boek geskryf. Hoop een van my kleinkinders sal eendag ouma se lekker resepte gebruik. Baie dankie vir jou nice resepte
Jy maak my hart sing.
Vinnig om te maak …en heerlik sal weer maak
Bly lekker. Geniet elke happie
Baie dankie! Dit is n wenner! Dit is heerlik!
Dit bly ‘n groot lekkerte
Will definitely try this one. Sounds yum!
Let me know!
Baie dankie. Werk lekker met oorskiet snoek. Jy maak dit maklik om volgens enige resep kos te maak.
Geniet!