Bykosse, Slaai

Die sous der souse -meer as net n slaaisous

29 comments

Toe ons in PE gebly het, het ons by Dulcies gaan slaai eet net agter die sous aan.  Dit het lank gevat om die sous uit te werk.  Alhoewel ek se dis n slaaisous is dit net so lekker oor biefstuk, oor aartappels, vir n hoendermayo, oor aspersies, met vis, vir n doopsous vir chips en sommer net oor alles. Die sous hou werklik lank in die yskas. Ek het vandag die sous oor RSG se Tjailatyd vir die luisteraars gegee.

Hier gee ek die resep in my vriendin Anneli se handskrif:dulcosous blog 013dulcosous blog 004

Onthou net 1 teelepel sout. Plaas alles in die versapper en versap vir 5 minute totdat dit soos n romerige slaaisous lyk.dulcosous blog 018  dulcosous blog 023 Gooi dit uit in n bottel en bere in die yskas.dulcosous blog 036  Ons het vanaand die sous oor aartappels in die skil geeet.dulcosous blog 051

Tags

29 Comments

  1. Linda Rademeyer

    Dit lyk heerlik…yummy.

  2. Gaan dit beslis probeer Marinda, dankie

  3. Suna dis net 1 teelepel. Proe maar na die tyd as jy voel om nog in te sit. Mooi dag. Marinda

  4. Kleina Pretorius

    Dankie Marinda, gaan dit defnitief maak.

  5. Dankie.

  6. Rita Labuschagne

    Ek gaan die slaaisous net more maak. Klink heerlik.

  7. het dit gemaak, myne was net groener ( te veel pietersielie) maar dis die ultimate lekkerste slaaisous ooit, dankie vir die resep, tot toasted chicken gemaak met dit, heerlik

  8. Hoe lank kan jy hom in die yskas hou?

  9. Is dit nie te veel rou eier nie???

  10. Marilyn Niemand

    Kan ek ‘n bietjie vars koljander blare bysit.?

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*