Hoenderpastei ken ons almal van ons kinderdae af. Dit was Sondae n staatmaker op ons tafel. Jy kan hoenderpastei maak van klaar gaar winkel hoender, maar niks kom by hoender wat jy self met liefde gekook het nie. Ons gaan die hoenderpastei eet net met slaaie, want Hopefield staan vandag stil van die hitte. ( 42 °C) Ek het n groot hoenderpastei gemaak. Vir 12 mense. Jy kan die resep halveer of 2 pasteie maak en die een vries.
BENODIG:
- 2 heel hoenders
- 1 ui
- 250 ml witwyn
- 250 ml water
- 6 peperkorrels
- 2 lourierblare
- 6 naeltjies
- 2,5 ml fyn neut
- 60 ml suurlemoensap
- 1 pakkie spek
- 2 blikkies geroomde sampioene
- 1 skilferkors deeg
- sout en peper
- 2 eiers hard gekook
- 60 ml sago geweek in 125ml water
NOU:
- sny die hoender in kleiner stukkies, sny al die los velle en vet af en sit die hoender in n pot
- gooi die ui, lourierblare, peperkorrels, neut,naeltjies, water en wyn by die hoender en kook vir om en by 60 minute – tot die hoender gaar is en los kom van die bene.
- pluis die hoender en hou 250 ml van die aftreksel waarin die hoender gekook het
- braai die spek bruin
- gooi die hoender terug in die pot met die spek, suurlemoensap, sago en die 250 ml aftreksel.
- kook dit deur, sout en peper en proe wat is nog nodig
- plaas die hoender in n oondbak
- sny die gekookte eiers in skyfies en sit bo-op die hoender
- ek het n pasteivoeltjie in my hoender gesit, dit keer dat die deeg platval
- rol die deeg uit en maak n kruisie in die deeg waar dit oor die voeltjie moet gaan
- ek moet nog my pastei bak en sal na kersfees die foto opsit
- druk vas met n vurk en bak vir 30 minute by 180 grade Celsius ,
Marinda dankie vir jou lekker Hoenderpastei resep.
Kleina, dis my plesier. Ek het dit gemaak en gevries vir die dae wat hier baie mense is en ek nie lus het vir kook nie.
Groete
Marinda
Cool 😎
Marinda, ek neem aan die sampoensop kom by die 5de stap in??
Dis 100% reg.
Hi, wanneer gooi ek die blikkies geroomde sampioene in?
Claudine, reg teen die einde. x
Hi Marinda, dankie vir die resep. Ek wil net asb weet; wat is die doel van die eier? Kan ek dit los?
Hi Ryan, jy kan beslis die eier los. Dit gee net n lekker tekstuur en smaak maar is opsioneel. Geniet die pastei.
Groete
Marinda
Ek soek asb die resep van die hoenderpastei wat jy saam met jou dogter gemaak het. Met die roomkaas in. Ek sien daar is ongelukkig nie weer ‘n herhaling nie. Ook daardie heerlike braai artappels. Waar kan ek dit opspoor? Dis ook nie op youtube nie. Baie dankie
Ek hou baie van haar kosse
Geniet elke happie.