Ontbyt

Vinnige eierpannekoek – frittata – 6 porsies

13 comments

My seun en sy meisie het verlede naweek hier by ons in Hopefield gekuier.  Soos dit ‘n goeie ma betaam wou ek vir hul met vol magies terugstuur huistoe.  Ek maak toe die eierpannekoek.

  • 6 eiers
  • 50 ml botter
  • 50 ml olie ( enige soort)
  • 250 ml bacon in klein stukkies gesny (koop sommer die klaar gesnipperde bacon)
  • 1 ui fyngekap
  • 20ml pietsielie fyngekap
  • 20 ml roosmarynblaarjies fyngekap ( onthou dat jy die pietesielie en die roosmaryn in ‘n beker kan fynknip met die kombuissker)
  • 250 ml fyn tamaties ( rosatamaties halveer of gewone tamatie fyner gesny)
  • 250 ml kaas van jou keuse ( cheddar, bloukaas of wat ook al in die yskas is)

NOU:

  1. Maak jou botter en olie saam in die pan warm.
  2. Braai jou uie en bacon  saam in die pan.
  3. Braai die tamatie, pietersielie en roosmaryn saam met die uie en bacon.
  4. Klits die ses eiers en gooi dit ook in die pan.  Trek die eier so bietjie  bietjie weg van die kant sodat dit gaar kan word.
  5. Sprinkel die kaas bo-oor die eierpannekoek.  Dit sal nie heel gaar word van bo nie.  Sit jou oond op rooster(grill) en druk die pan vining onder die element van die oond.

Tog te lekker en baie kan van dit eet.  My kinders heel versadig huistoe met vol magies.

13 Comments

  1. Ilse Steenkamp 0829281756

    Hallo Marinda hierdie resep was uit die boonste rakke heerlik. Waar kan ek jou volledige boek bestel. ek wil hom bitter graag hê. Liefde en groete.

  2. Maureen Stone

    Hallo Marinda. Baie dankie vir al die puik resepte. Ek wil baie graag die volledige boek bestel. Ek wil net vra waar sal dit beskikbaar wee asseblief.. Ek kon die vorige boek nerens vind nie. Baie Dankie. .Groete. Maureen Stone.

    • Hi vriendin
      Maklik met Marinda is tans uit druk. Die volgende kookboek druk hulle dubbel soveel. Dit sal by alle boekwinkels beskikbaar wees.
      x

  3. Maureen Stone

    Hi Miranda. Baie dankie. Ek kan nie wag nie. Geniet jou kook program op Via baie. Jy is so.pragtig.xx

  4. Maureen Stone

    Hi Marinda baie dankie weereens. Dit ikom somner so uit die hart uit. Geseende week vir jou. Waardeer jou boodskappies baie want jy is baie besig. Liefde Maureen

  5. Maureen Stone

    Lewe Marinda. Baie dankie vir jou mooi boodskappie. Ek wil net vra jou nuwe book is dit Marinda se koskas. Ek gaan dit bestel. I Ek het dit op Takealot,com gesien.. Is daar ook Maklik met Marinda beskikbaar. Ek wil dit ook graag koop. Baie dankie. Net Liefde vir jou ook.

  6. Maureen Stone

    Hallo Marinda. Baie Dankie. Jy dierbaar. Ek het dit nou bestel .kan wag om dit te onvang nie. Ek weet dit is n prag boek en gaan ook dit ook as geskenke gee. Lieflike aand vir jou ook.

  7. Maureen Stone

    Liewe Marinda Baie dankie. Jou nuwe boek is n fees. Pragtige fotos ook van jou.. Jy is n hartsmens. Trots Suid Afrikaans. Liefde groete

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*