Bykosse, Groente

Gebakte Aartappels

Comments are Disabled


Bestanddele

  • 6 geskilde aartappels, in kleiner stukke gesny
  • 65 ml koekmeel
  • 5 ml borrie
  • sout en peper na smaak
  • olie vir braai

Metode

Kook die aartappels in water tot halfgaar. Dreineer, klad die aartappels droog en sit hulle terug in pot.

Strooi die meel, borrie, sout en peper oor die aartappels.

Sit die deksel op en skud die pot heftig om die aartappels te bedek met meel en geurmiddels en effe grof buite-om te kry.

Maak so 2 cm kookolie in ‘n bak in die oond warm voordat jy die aartappels in ‘n enkellaag insit.

Bak teen 180°C en draai die aartappels gereeld om totdat hulle goudbruin en bros is.

Bedien 4 – 6 porsies as bykos.

Maklik!

Comments are closed.