Bestanddele
- 250 ml koekmeel
- 250 ml mielieblom (Maizena)
- 1 x 340 ml bottel bier
- 1 eier
- knippie sout
- 750 g dikkerige stokvisfilette (hake), in medium porsies gesny
- olie vir braai
Metode
Sif die meel en mielieblom saam in ‘n bak.
Voeg dan die bier, eier en sout by en klits deeglik met ‘n ballonklitser tot goed gemeng en geen klonte sigbaar is nie.
Laat dit staan in die yskas vir 20 – 30 minute.
Verhit olie in ‘n diep pan, druk die vis droog met kombuispapier en doop die vis in die beslag om elke porsie deeglik te bedek.
Bak die vis in warm olie tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispapier en bedien.
Lewer 4 porsies met chips, tartare sous en/of ‘n lekker vars slaai.
Maklik!