Bestanddele
- ‘n kwart pampoen of meer met skil en al, in dikkerige skywe gesny
- 250 ml regte soetwyn sout na smaak
- 2 kaneelstokkies, kleiner gebreek
- so handvol tiemie- en roosmaryntakkies
- heuning na smaak
Metode
Rangskik die papmpoenskywe in ‘n oondbak en gooi die soetwyn oor.
Geur met sout en druk die kaneelstukkies en kruietakkies hier en daar tussen die pampoenskywe in.
Bedruip met heuning, maak toe met foelie en bak vir 30 minute by 200°C.
Verwyder die foelie en bak verder tot al die pansappe stroperig en die pampoenskywe sag en bruin is.
Bedien 4 – 6 porsies.
Maklik!