Hoender

Ma se Hoenderpastei

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 250 ml hoenderaftreksel (gebruik sommer ‘n ekstrakblokkie)
  • 125 ml witwyn
  • 2 groot uie, 1 in kwarte gesny en die ander een in blokkies gekap
  • sap van 1 suurlemoen
  • 4 peperkorrels
  • 4 naeltjies
  • 1,2 kg hoenderstukke
  • bietjie olyfolie
  • 250 g klein blokkies spek
  • 1 houer gladde roomkaas
  • 1 blikkie geroomde sampioene
  • 1 pakkie sampioensoppoeier
  • 1 rol blaardeeg
  • 1 eier, geklits met 15 ml water

Metode

Sit die aftreksel, wyn, uie-kwarte, suurlemoensap, peperkorrels, naeltjies en hoenderstukke in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat dit prut tot die hoender sag is.

Haal die hoender uit (behou die aftreksel) en sit eenkant om af te koel.

Verwyder dan die vel en bene en vlok die hoender in kleiner stukkies.

Verhit intussen bietjie olie in a pan en braai die uieblokkies saam met die spek goudbruin en skep in ‘n mengbak. Meng die roomkaas en blikkie geroomde sampioene deur.

Meng die soppoeier met ‘n bietjie van die aftreksel en roer by die roomkaasmengsel. (Sien Tjoen vir die orige aftreksel).

Meng die hoenderstukkies liggies deur, skep als in ‘n oondbak en sit die deeg oor. Druk die kante van die deeg met ‘n vurk vas aan die rand van die bak.

Sny ‘n klein kruisie in die middel van die deeg sodat stoom kan ontsnap – of gebruik ‘n klassieke stoom-kuikentjie. Gebruik enige orige deeg as versiering as jy lus is.

Verf die deeg liggies met die geklikste eier en bak die pastei teen 200°C totdat die deeg goudbruin en gaar is.

Bedien 6 met gebakte aartappels en pampoenskywe.

Maklik!

Tjoen: Verwerk die heerlike aftreksel met ‘n stokmenger to glad en geur na smaak. Bedien saam met die pastei of enige ander hoendergereg.

Comments are closed.