Bykosse, Seekos, Voorgereg

Gerookte Makrielpatee

0 comments

Bestanddele

  • 160 g gerookte makrielfilette van jou keuse (so 2 pakkies)
  • 45 ml geroomde peperwortel (horseradish)
  • 65 ml crème fraiche of dik surroom
  • 30 ml suurlemoensap
  • 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 90 ml gesmelte botter
  • 45 ml fyngekapte pietersielie

Metode

Verwyder die vel van die makriel en breek in kleiner stukkies.

Meng die res van die bestanddele deeglik en en roer dan die makrielstukkies liggies by.

Sit in die yskas om te stol.

Bedien 6 porsies as voorgereg met geroosterde ciabatta brood.

Om te tjoen: Meng tesame, 1 x 85 g blikkie gedreineerde, gerookte mossels, 45 ml gekapte kappertjiesade (of agurkies) en 30 ml gekapte sprietuie. Sprinkle oor die patee as garnering en ekstra tekstuur.

Maklik!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*