Bestandele
- 6 hoenderfilette (sonder vel of bene)
- 375ml koekmeel
- 4 eiers, liggies geklits
- 200 g gekoopte droë broodkrummels
- 250 ml vars room
- 1 x 100 g bloukaas, in klein stukkies gebreek
Metode
Laat staan in ‘n ry, drie borde: een met meel in, die ander met eier in en die laaste een met die krummels in.
Druk die hoender eers in die meel, dan in die eiers en dan in die broodkrummels. Pak die filette in ‘n enkellaag in ‘n oondvaste bak waarin hulle knus pas. Gooi die room oor en strooi die kaas bo-oor.
Maak die bak met foelie toe en bak teen 190 ºC vir 20 minute. Verwyder die foelie en bak die hoender verder vir nog so 15 minute of tot die hoender deurgaar is.
Lewer 4 porsies saam met ‘n groot, vars slaai.
Maklik!