Maklik Met Marinda

Maklik Met Marinda – Zakkie Bester

0 comments

Dit is goed om in die lewe ‘n goeie buurman te hê, maar dit is baie beter om ‘n goeie wynman as vriend te hê.

Hierdie week kook ek saam met my wynmakervriend Zakkie Bester.  Hy was lank by Riebeek Kelder, maar ná sy aftrede maak hy nou Besterwyne.  Ek het hom versoek om asseblief genoeg te maak sodat ons by aftrede nie ‘n tekort in die aftree-oord sal hê nie. Ek het hom belowe ek sal die bakker wees as hy die skinker sal wees.

Zakkie en ek het beide die Weskus in ons bloed. So hoe dan nou anders as om ‘n smoorvissie saam te maak.  Die ete is mooi afgerond met appelkrummel en goeie Besterwyn!

Skakel Donderdag om 17:30 in op VIA, kanaal 147.

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*