Bykosse

Griekse Slaai

Comments are Disabled

Griekse slaai

Bestanddele

  • 1 – 2 knoffelhuisies, baie fyngekap
  • 125 ml olyfolie
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap van ½ suurlemoen (jy benodig so 45 ml)
  • 65 ml grofgekapte platblaar pietersielie
  • 45 ml fyngekapte origanum (of 15 ml gedroogde)
  • 5 ml sout
  • 5 ml grofgemaalde peper
  • bietjie suiker (net as jy voel dis nodig – dis nie outentiek Grieks nie)
  • 6 kleinerige, goed-ryp tamaties, elk in 6 wiggies gesny (tamaties so groot soos gewone nartjies)
  • 1 medium wit ui, in dun wiggies gesny
  • 375 ml Meditereense komkommerskywe (½ cm skywe)
  • 250 ml ontpitte swart olywe
  • 2 – 3 heel wiele of vierkante van die heel beste-kwaliteit fetakaas
  • strooisel gedroogde origanum
  • ekstra olyfolie

Metode

Sit die knoffel in ‘n slaaibak en voeg die olie, suurlemoenskil en -sap, pietersielie, origanum, sout, peper en as jy dit gebruik, die suiker by. Meng deeglik.

Sit die tamaties, uie, komkommer en olywe in die bak en meng goed. Maak die bak toe en hou eenkant teen kamertemperatuur vir ten minste ‘n uur of langer vir die geure om te trek.

Net voor opdiening, maak die bak oop, roer die slaai een laaste keer deur en rangskik die (heel) stukke fetakaas bo-op en besprinkel met gedroogde origanum. Drup bietjie olyfolie oor kaas en bedien.

Lewer 6 porsies

Maklik!

Comments are closed.