Groenbone is maklik vir my n maaltyd op sy eie. Dit gee kleur en vreugde aan enige bord kos. Ek maak altyd te veel sodat daar n skeppie kan oorbly vir more se honger.
- 500 g groenbone
- 60 ml olie
- 2 uie
- 2 knoffeltoontjies
- 250 ml spek ( bacon)
- 2 aartappels in blokkies gesny
- sap van een suurlemoen
- 60 ml worcestersous
- 5 ml fyn neut
- sout en peper na smaak
- 10 ml aromat ( as jy n gewetensbeswaar teen dit het – los dit uit)
- 80 ml botter
NOU:
- sny jou ui in ringe en braai in jou 60 ml olie tot glaserig in n pot of pan bo-op die stoof
- voeg die spek en fyn gekapte knoffel by en braai verder
- sny die aartappels in blokkies soos dobbelsteenjies en sit dit saam met die bone in jou pan.
- geur met al die res van die bestandele behalwe die botter
- nou moet jy proe en byvoeg waarvan jy baie hou
- as jou groen bone sag, maar nie pap is nie, voeg die botter by en roer dit deur
Geniet die groenbone as n bykos of op sy eie. Ek gaan my groenbone vandag eet met rib wat stadig in die oond gebraai is.
Dis nou n lip aflek lekkerte!
Dit lyk bake lekker
Baie lekker. Maak dit en geniet dit.
Probeer dit gerus.