Bestandele
- 10 ml olie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 5 ml heel komyn
- 4 blokkies groente-aftreksel
- 750 ml kookwater
- 30 ml gerookte paprika
- 5 ml suiker
- 2 blikkies kersietamaties
- 1 x 410 g blikkie tamatiepuree
- sout en peper
- 500 ml room
- basieliekruidblare vir garnering
Metode
Verhit die olie in ‘n pot en braai die ui, knoffel en komyn totdat die uie glaserig is.
Los die groente-aftreksel blokkies op in die kookwater en hou eenkant.
Gooi die gerookte paprika, suiker, kersietamaties en tamatiepuree by die uiemengsel. Verhit tot dit begin prut, gooi die groente aftreksel by en kook vir 10 minute. Geur na smaak met sout en peper.
Verpulp die sop, roer die room by en laat dit net deurkook.
Bedien met ‘n basieliekruidblaar as garnering.
Lewer 6 porsies saam met ‘n warm vars broodjie.
Maklik!