Hoofgereg, Rooivleis

Kerrie-afval – lymerig lekker

9 comments

Kyk met afval moet jy nie haastig wees nie.  Ek het nie die lus of die begeerte om afval skoon te maak nie.  Ons Fruit en Veg het hierdie pragtige skoon afval verkoop.kerrie afval blog 001  Ek het die vorige aand begin met die kook in die stoompot en net vandag dit klaar gekerrie.kerrie afval blog 009

 

BENODIG:

  • 1 klaar skoon afvalkerrie afval blog 002
  • 1/2 koppie bruin druiwe asyn
  • 1 suurlemoen se sap
  • 1 blikkie kersietamaties of tamatie en uie mengsel
  • 40 ml suiker
  • 30 ml asyn
  • 30 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 20 ml jeera ( kan dit uitlos as jy nie het nie)
  • 5 naeltjies
  • 3 heel kardomynsade
  • 1 lourierblaarkerrie afval blog 013
  • 10 ml mazina
  • sout en peper na smaak

NOU:

  1. sit jou afval, 1/2 koppie asyn, sap van 1 suurlemoen en 2 koppies water in in jou stoompot ( as jy nie een het nie, kan jy dit in n gewone pot doen vir 2 uur) kerrie afval blog 007
  2. kook nou dit in die stoompot vir 1 uur
  3. in n ander pot braai jou uie tot glaserig saam met die jeera
  4. skep die afval uit die stoompot en braai saam met die uie vir bietjie kleurkerrie afval blog 019
  5. meng al die res van die bestandele behalwe die mazina en gooi oor die afval in die pot – kook vir 2 uur op lae hittekerrie afval blog 024
  6.  na 2 uur meng die mazina met bietjie water en verdik jou sous van die afvalkerrie afval blog 032

Heerlik om te eet saam met rys of op n sny brood.kerrie afval blog 039

Tags

9 Comments

  1. Lekkerder as lekker

  2. Sidney Jooste

    Dit moet seker die lekkerste afval ooit wees. More tackle ons dit oor die kole.

  3. Ek het altyd gedink my ma se afval was die lekkerste maar moet besgee… hierdie was awesome

  4. Francis Fourie

    Ek gaan defnitief jou resep probeer. My kake trek styf van lus!

  5. Dit klink lekker, behalwe die tamaties sal ek uitlaat, dit pas nie vir my by kerrieafval nie (persoonlike smaak). Nerens in die bestandele lys word melding gemaak van hoeveelheid uie nie, maar as jy kosmaak weet jy teen die tyd hoeveel jy kan gebruik, maar vir die beginners wat streng op die lysie afgaan, kan dit n vraag laat ontstaan .

    • Johan, dankie dat jy loer op my blad. Ek se altyd dat ‘n resep net ‘n basis is en jy kan improviseer na persoonlike smaak.
      Groete
      Marinda

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*