Hoofgereg, Rooivleis

Bobotie met amandels – alles in een bak

4 comments

Ek het altyd my maalvleis voor die tyd saam met my uie en kruie gebraai.  Hier by vanjaar se KKNK hoor ek Herman se dat hy sy vleis rou insit in die bak .  Was eers half sku om dit so om te doen, maar besluit ek gaan probeer.  Ek moet se dit is sappiger.  Die vleis bou n eie sousie op en bind wonderlik met die brood en die eier.  Van nou af maak ek my bobotie so.bobotie blog 047

 

BENODIG:

  • 25 ml olie
  • 1 ui
  • 750g – 1kg goeie maalvleis
  • 3 snye brood
  • 125 ml melk
  • 1 eier geklits
  • 80 ml appelkooskonfyt
  • 60 ml asyn
  • 60 ml matige kerrie
  • 30 ml borrie
  • 1 appel gerasperbobotie blog 003
  • 2 suurlemoenblare of lourierblare
  • sout en peper na smaak
  •  fyn amandels om bo-oor te sprinkelbobotie blog 021

BO-LAAG

  • 1 eier liggies geklits in n beker met 125 ml melk

NOU:

  1. braai jou gesnyde ui in die olie tot glaserig
  2. laat die brood week in die melk en krummel dit in by jou vleis in jou mengbakbobotie blog 001
  3. meng al die res van die bestandele in n mengbak behalwe die bo-laag se bestandele, amandels en suurlemoenblarebobotie blog 005
  4. meng nou die gaar uie by die vleisbobotie blog 014
  5. skep die vleis in n gesmeerde oondbak – moenie dit styf vasdruk nie
  6. druk die suurlemoenblare half in die vleismengselbobotie blog 020
  7. sprinkel die amandels oorbobotie blog 022
  8. gooi die bo-laag oor ( eier en melk liggies geklits)bobotie blog 027
  9. bak vir een uur by 180 grade celsiusbobotie blog 028

Geniet jou bobotie met geelrys en rosyne en blatjang. Gestoomde droe vrugte is ook n wenner as bygeregbobotie blog 035.  Dit bly n tradisionele gereg wat nie uit die mode raak nie.bobotie blog 040

More smaak die bobotie nog lekkerder.bobotie blog 044

4 Comments

  1. Koningskos en dit is nog lekkerder die volgende dag. Lyk fantasties!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*